Ekster

Ekster
’n Europese ekster.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genusse
  • Pica
  • Urocissa
  • Cissa
  • Cyanopica
’n Ekster van Swede, 2016.

Eksters is voëls van die kraaifamilie, Corvidae. Dit sluit die swart-en-wit Europese ekster in wat algemeen beskou word as een van die slimste diere in die wêreld[1][2][3] en een van die enigstes buiten soogdiere wat hulself in ’n spieël kan herken.[4] Benewens lede van die genus Pica, word kraaiagtiges in die genus Cissa ook as eksters beskou.

Die genus Pica word gewoonlik in gematigde temperatuurstreke van Europa, Asië en westelike Noord-Amerika aangetref, met nog bevolkings in Tibet en hoë dele van Indië en Pakistan. Eksters van die genus Cyanopica kom in Oos-Asië en die Iberiese Skiereiland voor.

  1. https://www.welcomewildlife.com/worlds-smartest-birds/
  2. https://www.independent.co.uk/environment/nature/magpies-reflect-on-a-newly-discovered-intellectual-prowess-901857.html
  3. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2017. Besoek op 25 Februarie 2018.
  4. Prior H, et al. (2008). De Waal F (red.). "Mirror-Induced Behavior in the Magpie (Pica pica): Evidence of Self-Recognition". PLoS Biology. Public Library of Science. 6 (8): e202. doi:10.1371/journal.pbio.0060202. PMC 2517622. PMID 18715117. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op 21 Augustus 2008.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy